Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 13:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. dan moet julle al die mense in die stad doodsteek met swaarde, julle moet die hele stad verwoes, niemand moet aanhou lewe nie, ook nie die diere nie.

16. Julle moet al die goed opmekaar gooi op die oop stuk grond en julle moet dit verbrand. Die stad en alles in hom moet heeltemal ’n offer vir die Here wees. Daardie stad moet altyd net ’n hoop klippe wees, niemand moet die mure weer bou nie.

17. Julle moenie vir julleself iets neem van die goed wat julle moet verwoes nie. As julle doen wat die Here sê, dan sal Hy ophou om kwaad te wees en Hy sal weer jammer wees vir julle, Hy sal julle baie laat word, soos Hy belowe het vir julle voorvaders.

18. Want dan is julle gehoorsaam aan julle God die Here, en dan doen julle alles wat Hy wil hê, alles wat ek vandag vir julle sê. Dan doen julle dinge wat reg is vir die Here.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 13