Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 13:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Al die Israeliete moet hoor wat julle gedoen het en hulle moet bang word, sodat niemand weer so ’n slegte ding daar by julle sal doen nie.

12. “Miskien sal julle iets hoor in een van die stede wat julle God die Here vir julle gee om in te woon.

13. Julle sal miskien hoor dat slegte mense daar by julle die mense in hulle stad wou verlei en vir hulle gesê het: ‘Kom ons gaan dien ander gode,’ gode wat julle nie geken het nie.

14. Wanneer julle dit hoor, dan moet julle vra wat gebeur het en julle moet alles uitvind en seker maak. As julle sien dat dit die waarheid is, en dat so ’n slegte ding gebeur het,

15. dan moet julle al die mense in die stad doodsteek met swaarde, julle moet die hele stad verwoes, niemand moet aanhou lewe nie, ook nie die diere nie.

16. Julle moet al die goed opmekaar gooi op die oop stuk grond en julle moet dit verbrand. Die stad en alles in hom moet heeltemal ’n offer vir die Here wees. Daardie stad moet altyd net ’n hoop klippe wees, niemand moet die mure weer bou nie.

17. Julle moenie vir julleself iets neem van die goed wat julle moet verwoes nie. As julle doen wat die Here sê, dan sal Hy ophou om kwaad te wees en Hy sal weer jammer wees vir julle, Hy sal julle baie laat word, soos Hy belowe het vir julle voorvaders.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 13