Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 7:21-28 Bybel vir Almal (ABA)

21. Ek het gesien daardie horing maak oorlog teen die gewyde mense en hy oorwin hulle.

22. Toe het God gekom, die God wat altyd lewe. Hy het gesê die gewyde mense van die Hoogste God is die mense wat reg gelewe het. Dit is nou die regte tyd, en die gewyde mense moet nou konings wees.

23. “Die engel het gesê: ‘Die vierde dier beteken daar sal konings wees wat die hele aarde sal verwoes en stukkend trap. Hulle sal nie soos die ander konings wees nie.

24. Die tien horings beteken daar sal tien konings wees, en ná hulle sal daar nog ’n koning wees. Hy sal nie soos die ander konings wees nie, en hy sal drie konings oorwin.

25. Daardie koning sal hoogmoedig praat teen die Hoogste God en hy sal die gewyde mense van die Hoogste God verdruk. Hy sal probeer om die wette te verander, en ook die tye wanneer hulle moet feesvier. Hy sal dit drie en ’n halwe jaar lank kan doen.

26. Daarna sal God, die Regter, begin om die mense te oordeel. Daardie koning sal nooit weer kan doen wat hy wil nie.

27. Dan sal die gewyde mense van die Hoogste God die konings wees, die sterk en groot konings van die hele aarde. Die Hoogste God sal altyd Koning wees. Al die ander konings sal Hom dien en doen wat Hy sê.’

28. “Dit is wat ek, Daniël, gedroom en gesien het. Ek het groot geskrik en my gesig het bleek geword. Maar ek het vir niemand iets gesê nie.”

Lees volledige hoofstuk Daniël 7