Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 9:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. En nou sien Ek die Israelieteis ’n volk wat baie sonde doen.Ek sal hulle wegveevan die aarde af!Maar Ek sal hulle niealmal doodmaak nie.

9. Ek sal vir die volke sêwat hulle moet doen.Ek sal die Israelietetussen die volke skudsoos ’n mens koring in ’n sif skud.Die koringkorrels sal niedeur die sif op die grond val nie.So sal Ek die Israelieteskud in die sif.

10. Al die sondaars van my volksal in die oorlog sterf.Hulle sê nou:‘U sal ons nie strafen dit sleg laat gaan met ons nie.’Maar hulle sal sterf.”

11. Die Here het gesê:“Daar sal ’n tyd kom wanneer Ekdie nageslag van koning Dawidweer sal laat regeer.Hulle is soos ’n huiswat omgeval het,’n muur wat afgebreek is.Maar Ek sal die huis weer bou,en hy sal weer weessoos hy altyd was.

12. My volk sal die Edomiete oorwinwat nog oorgebly het,en ook die ander volkewat aan My behoort.”Dit sê die Here. Die Here sal dit doen.

13. Die Here het gesê:“Daar sal ’n tyd komwanneer die Israeliete hulle koringmoet afsny dadelik nadathulle geploeg het.Hulle sal wyn moet maakdadelik nadat hulledie wingerde geplant het.Die wyn sal so baie weesdat dit teen die bergeen die heuwels sal afloop.

14. Ek sal dit weer goed laat gaanmet my volk, die Israeliete.Ek sal die stedewat die vyande afgebreek het,weer bousodat die Israeliete daar kan woon.Hulle sal wingerde planten die wyn drink.Hulle sal tuine maaken die vrugte eet.

15. Ek sal hulle help,en hulle sal in hulle eie land woon.Niemand sal hulle wegvatuit die landwat Ek vir hulle gegee het nie.”Dit sê jou God die Here.

Lees volledige hoofstuk Amos 9