Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 16:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid was nie ver oor die top van die berg nie, toe kom Siba daar na hom toe. Siba het vir Mefiboset gewerk. Siba het twee donkies by hom gehad. Op die saals van die donkies was daar 200 brode, 100 koeke rosyne, 100 koeke gedroogde vye en ’n velsak vol wyn.

2. Die koning het vir Siba gevra: “Vir wie bring jy hierdie goed?”Siba het gesê: “Die donkies is vir die huisgesin van die koning, hulle moet op die donkies ry, die brood en vrugte is vir die manne om te eet, die wyn is vir iemand wat miskien moeg word in die woestyn.”

3. Toe die koning vir Siba vra waar sy meneer is, sê Siba: “My meneer? Nee, hy is in Jerusalem. Hy dink die leiers van Israel sal hom vandag koning maak, soos sy oupa Saul was.”

4. Die koning het toe vir Siba gesê: “Alles wat aan Mefiboset behoort het, is nou joune.”Siba het geantwoord: “Meneer die koning, ek buig voor jou. Ek hoop jy sal tevrede wees met my.”

5. Toe koning Dawid by die stad Bagurim kom, het iemand van die familie van Saul uit die stad gekom. Dit was Simeï seun van Gera. Terwyl hy aankom, het Simeï aangehou om vir Dawid te vervloek.

6. Hy het vir Dawid met klippe gegooi, en ook al die amptenare van koning Dawid en al die mense en al die manne wat langs die koning geloop het.

7. Toe Simeï vir Dawid vervloek het, het hy gesê: “Gaan weg! Gaan weg! Jy is ’n moordenaar en ’n skurk!

8. Die Here straf jou nou omdat jy Saul se familie almal vermoor het toe jy koning geword het ná hom. Nou het die Here jou seun Absalom laat koning word ná jou. Hy het dit gedoen omdat jy ’n moordenaar is.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 16