Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 11:10-13 Bybel vir Almal (ABA)

10. Toe Dawid hoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie, het hy vir Urija gesê: “Jy het ver geloop, hoekom gaan jy nie huis toe nie?”

11. Maar Urija het vir Dawid gesê: “Die verbondskis en die mense van Israel en Juda bly in hutte, en my meneer Joab en sy manne bly in tente in die veld. Dink jy dit is reg dat ek huis toe gaan en eet en drink en by my vrou slaap? Nee. So seker soos jy lewe, ek sal dit nie doen nie.”

12. Toe sê Dawid vir Urija: “Bly nog vandag hier, ek sal jou môre laat gaan.”Urija het daardie dag en die volgende dag nog in Jerusalem gebly.

13. Dawid het hom geroep en Dawid het saam met Urija geëet en gedrink. Dawid het vir Urija dronk gemaak. Maar Urija het die aand op sy bed gaan slaap by die mense wat vir die koning gewerk het, hy het nie huis toe gegaan nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 11