Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:7-20 Bybel vir Almal (ABA)

7. Salomo het ook die goue lampstaanders laat maak soos die Here gesê het hulle moet wees. Hy het die lampstaanders in die voorste kamer van die tempel gesit, vyf regs en vyf links.

8. Hy het tien tafels gemaak en hy het hulle in die voorste kamer gesit, vyf regs en vyf links. Hy het ook 100 goue bakke laat maak.

9. Hy het die mure laat bou rondom die oop stuk grond waar die priesters kon kom, en rondom die groot oop stuk grond waar ander Israeliete ook kon kom. Daar was deure in die mure, en hy het die deure met brons-plate laat toemaak.

10. Hy het die waterbak laat neersit by die regter-kant, suid-oos van die tempel.

11. Hiram het potte en grawe en bakke gemaak. Hy het die werk klaargemaak wat hy vir koning Salomo by die tempel moes doen.

12. Hy het die twee pilare gemaak, die bakke en die kapitele bo-op die pilare, die nette wat die bakke bo-op die twee kapitele toemaak,

13. die 400 granate vir die nette, twee rye granate op elke net wat die bakke bo-op die kapitele toemaak,

14. die staanders en die was-skottels op die staanders,

15. die waterbak, die twaalf beeste onder die waterbak,

16. die potte, die grawe en die vurke en al die ander gereedskap. Die meester-ambagsman Hiram het dit vir koning Salomo gemaak om in die tempel te gebruik. Hy het dit gemaak van brons wat hy blink gevryf het.

17. Die koning het al die goed laat smelt in die kleigrond tussen die stad Sukkot en die stad Saretan.

18. Salomo het al hierdie goed laat maak. Dit was baie, ja, die brons was te veel, hulle kon dit nie alles weeg nie.

19. Salomo het ook al die goed laat maak wat in die tempel moes kom: Dit was die goue altaar, die tafels vir die offer-brood,

20. die lampstaanders en hulle lampe wat moes brand voor die binnekamer. Salomo het alles van skoon goud gemaak,

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4