Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 3:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. In die hoog-gewyde kamer het hy beelde van twee gerubs gesit en hy het hulle laat toemaak met dun goudplate.

11. Die vlerke van die gerubs was saam 20 el lank. Een gerub se een vlerk was vyf el lank en dit het geraak aan die een muur van die kamer. Die ander vlerk was ook 5 el lank en dit was vas aan die vlerk van die ander gerub.

12. Die ander gerub se een vlerk was ook vyf el lank en dit het geraak aan die ander muur van die kamer. Die ander vlerk was ook vyf el lank en dit was vas aan die vlerk van die ander gerub.

13. Die vlerke van hierdie gerubs was oop en die vlerke was saam 20 el lank. Die gerubs het op hulle voete gestaan en hulle het gekyk na die voorste kamer.

14. Salomo het die gordyn laat maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van linne. Hy het gerubs op die gordyn laat borduur.

15. Voor die voorste kamer het Salomo twee pilare laat bou. Die pilare was 35 el hoog, en bo-op elke pilaar was ’n kapiteel, die kapiteel was vyf el hoog.

16. Hy het kettings in die binnekamer gemaak en hy het dit vasgesit bo aan die pilare. Hy het 100 granate gemaak en hy het dit vasgesit aan die kettings.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 3