Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Rehabeam het na Jerusalem gekom en hy het al die manne van die Juda-stam en die Benjamin-stam bymekaargeroep. Hulle was 180 000 soldate wat hy spesiaal gekies het. Rehabeam wou oorlog maak teen die mense van Israel, hy wou probeer om die land vir homself terug te kry.

2. Maar die Here het vir Semaja, ’n man van God, gesê:

3. “Jy moet praat met Rehabeam seun van Salomo, koning van Juda, en met al die Israeliete in die land Juda en die land Benjamin. Jy moet vir hulle sê:

4. Die Here sê: Julle moenie oorlog gaan maak teen julle broers nie. Julle moet teruggaan, elkeen na sy huis, want dit is Ek wat alles laat gebeur het.”Hulle het geluister na die boodskap van die Here en hulle het teruggegaan, hulle het nie vir Jerobeam gaan aanval nie.

5. Rehabeam het in Jerusalem gewoon, en hy het stede in Juda sterk gemaak.

6. Hy het die mure sterker gemaak van die stede Betlehem, Etam, Tekoa,

7. Bet-Sur, Soko, Adullam,

8. Gat, Maresa, Sif,

9. Adorajim, Lakis, Aseka,

10. Sora, Ajalon en Hebron. Dit was stede in die land Juda en Benjamin wat sterk mure moes hê.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 11