Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Rehabeam het na die stad Sigem gegaan, want al die Israeliete het daarnatoe gekom om hom koning te maak.

2. Jerobeam seun van Nebat het dit gehoor. Hy was nog in die land Egipte, want hy het daarnatoe gevlug omdat hy bang was vir koning Salomo. Hy het daar gaan woon,

3. maar die mense van Israel het hom laat roep, en hy het gekom. Jerobeam en die hele volk Israel het met Rehabeam kom praat.

4. Hulle het gesê: “Jou pa het ons baie hard laat werk. Jy moet ons nie so hard laat werk nie, dan sal ons vir jou werk.”

5. Rehabeam het vir hulle gesê hulle moet eers weggaan en hulle moet oor drie dae terugkom. Hulle het toe weggegaan.

6. Daar was amptenare wat vir Salomo gewerk het toe hy gelewe het. Koning Rehabeam het vir hulle gevra wat hy moet doen. Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord?”

7. Hulle het vir hom gesê: “As jy vandag goed wil wees vir hierdie mense en jy doen wat hulle wil hê en jy gee vir hulle ’n goeie antwoord, dan sal hulle jou altyd dien.”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 10