hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10 Bybel vir Almal (ABA)

Rehabeam word koning, en die mense van Israel word opstandig teen hom

1. Rehabeam het na die stad Sigem gegaan, want al die Israeliete het daarnatoe gekom om hom koning te maak.

2. Jerobeam seun van Nebat het dit gehoor. Hy was nog in die land Egipte, want hy het daarnatoe gevlug omdat hy bang was vir koning Salomo. Hy het daar gaan woon,

3. maar die mense van Israel het hom laat roep, en hy het gekom. Jerobeam en die hele volk Israel het met Rehabeam kom praat.

4. Hulle het gesê: “Jou pa het ons baie hard laat werk. Jy moet ons nie so hard laat werk nie, dan sal ons vir jou werk.”

5. Rehabeam het vir hulle gesê hulle moet eers weggaan en hulle moet oor drie dae terugkom. Hulle het toe weggegaan.

6. Daar was amptenare wat vir Salomo gewerk het toe hy gelewe het. Koning Rehabeam het vir hulle gevra wat hy moet doen. Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord?”

7. Hulle het vir hom gesê: “As jy vandag goed wil wees vir hierdie mense en jy doen wat hulle wil hê en jy gee vir hulle ’n goeie antwoord, dan sal hulle jou altyd dien.”

8. Maar Rehabeam wou nie luister na wat hulle vir hom gesê het nie. Hy het toe vir die jongmanne gaan vra wat saam met hom grootgeword het en wat sy amptenare was.

9. Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord? Hulle het vir my gevra dat ek hulle nie so hard moet laat werk soos hulle vir my pa moes werk nie.”

10. Die jongmanne wat saam met Rehabeam grootgeword het, het vir hom gesê: “Hierdie mense het vir jou gesê dat jou pa hulle baie hard laat werk het, en jy moenie vir hulle so hard laat werk nie. Jy moet vir hulle sê: ‘My pinkie is dikker as my pa se lyf.

11. Daarom, my pa het julle hard laat werk, maar ek sal julle nog harder laat werk. My pa het julle regeer met gewone swepe, ek sal julle regeer met swepe wat soos skerpioene byt.’ ”

12. Rehabeam het voorheen vir die mense gesê hulle moet ná drie dae terugkom. Jerobeam en die hele volk het toe op die derde dag teruggekom na Rehabeam toe,

13. en die koning het kwaai met hulle gepraat. Hy het nie geluister en gedoen wat die ouer leiers vir hom gesê het nie.

14. Hy het gedoen wat die jongmanne vir hom gesê het. Rehabeam het gesê: “My pa het julle hard laat werk, maar ek sal julle nog harder laat werk. Hy het julle regeer met gewone swepe, ek sal julle regeer met swepe wat soos skerpioene byt.”

15. Die koning het nie geluister na die volk nie, want die Here het dit so laat gebeur. Die Here wou doen wat Hy vir Jerobeam seun van Nebat gesê het toe Hy vir Agija van Silo gestuur het.

16. Toe die koning nie na hulle luister nie, het al die mense van Israel vir die koning gesê:“Ons is nie Dawid se familie nie,die seun van Isai was nie eenvan ons nie.Mense van Israel, gaan terugna julle tente!Dawid, nou moet jyjou eie huis oppas.”Die mense van Israel het teruggegaan na hulle tente.

17. Rehabeam was toe koning net van die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.

18. Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Koning Rehabeam het vir Adoram gestuur na die mense van Israel toe, maar hulle almal het vir Adoram met klippe doodgegooi. Koning Rehabeam moes vinnig op sy oorlogkar klim en na Jerusalem vlug.

19. Dit is hoe die mense van Israel opstandig geword het teen die koningshuis van Dawid, en dit het so gebly tot nou toe.