Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 5:23-27 Bybel vir Almal (ABA)

23. Naäman het geantwoord: “Jy moet asseblief twee talente silwer neem.”Hy het aangehou sê dat Gehasi dit moet neem en hy het die twee talente silwer in twee sakke toegebind, en ook die klere. Hy het dit vir twee jongmanne gegee, en hulle het dit gedra en saam met Gehasi gegaan.

24. Toe hulle bo-op die heuwel kom, het Gehasi die goed geneem wat die jongmanne gedra het en hy het dit in sy huis gaan bêre. Toe het hy vir hulle gesê hulle moet teruggaan, en hulle het gegaan.

25. Gehasi het teruggekom by sy meneer, en toe hy by Elisa staan, vra Elisa: “Van waar kom jy, Gehasi?”Gehasi het gesê: “Nee, ek was nie weg nie.”

26. Toe sê Elisa: “Ek het gesien hoe die man van sy wa afgeklim het en vir jou gewag het. Dit is nie nou die tyd om silwer en klere te neem nie, en ook nie olyfboorde en wingerde en skape en bokke en beeste en slawe en slavinne nie.

27. Naäman was melaats, en sy siekte sal nou aan jou vassit en ook aan jou nageslag, julle sal altyd melaats wees.”En toe Gehasi weggaan van Elisa, was Gehasi melaats, sy vel was so wit soos sneeu.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 5