Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Koning Joram het toe uit Samaria gegaan en hy het al die manne van Israel laat kom om oorlog te maak.

7. Hy het ook ’n boodskap gestuur na koning Josafat van Juda en gevra: “Die koning van Moab het opstandig geword teen my. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan oorlog maak?”Josafat het geantwoord: “Ek sal saamgaan. Ek sal by jou wees, my manne sal by jou manne wees, en my perde by jou perde.

8. Maar op watter pad sal ons gaan?”Joram het geantwoord: “Op die pad na die woestyn van Edom.”

9. Die koning van Israel, die koning van Juda en die koning van Edom het toe deur die woestyn gegaan, maar ná sewe dae was daar nie meer water vir die manne en die diere wat by hulle was nie.

10. Die koning van Israel sê toe: “Ek dink die Here het ons drie geroep om ons vir die Moabiete te gee.”

11. Maar toe sê Josafat: “Is hier ’n profeet van die Here? Dan kan ons vir die Here vra wat sal gebeur.”Een van die koning van Israel se amptenare het geantwoord: “Ja, Elisa seun van Safat is hier. Hy is die man wat vir Elia bedien het.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3