Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:16-23 Bybel vir Almal (ABA)

16. Elisa het toe gesê: “Die Here sê: Ek sal hierdie vallei vol water maak.

17. Ja, die Here sê: Daar sal nie wind of reën wees nie, maar hierdie vallei sal vol water word, en julle en julle diere sal water hê om te drink.

18. En dit is vir die Here maklik om dit te doen. Hy sal julle ook laat wen teen die Moabiete.

19. Julle sal al die stede wat sterk mure het, oorwin. Julle sal al die belangrike stede afbreek en die vrugtebome afkap en die fonteine toemaak, en die vrugbare grond vol klippe gooi.”

20. En die volgende oggend, die tyd wanneer die priesters die koring-offer moet bring, kom daar skielik water van Edom af, en die land het vol water geword.

21. Al die Moabiete het gehoor dat die drie konings wil kom oorlog maak teen hulle, en hulle het al die manne geroep wat kon veg. Hulle het by die grens van die land gaan staan.

22. Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, het die son op die water geskyn, en die Moabiete het gedink die water is rooi van die bloed.

23. Hulle het gesê: “Dit is bloed. Die drie konings het miskien teen mekaar begin veg en hulle het mekaar se manne doodgemaak. Kom, Moabiete, ons moet hulle goed gaan vat!”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3