Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Joram seun van Agab het in Samaria koning van Israel geword in die agtiende jaar nadat Josafat koning van Juda geword het. Joram was twaalf jaar lank koning.

2. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, maar dit was nie so sleg soos die dinge wat sy pa en sy ma gedoen het nie. Hy het die klip-paal van Baäl weggevat. Dit was die klip-paal wat sy pa laat maak het.

3. Maar hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het. Jerobeam het die Israeliete ook daardie sondes laat doen.

4. Koning Mesa van Moab was ’n skaapboer. Hy moes elke jaar vir die koning van Israel 100 000 lammers en die wol van 100 000 skaap-ramme gee.

5. Maar ná die dood van Agab het die koning van Moab opstandig geword teen die koning van Israel.

6. Koning Joram het toe uit Samaria gegaan en hy het al die manne van Israel laat kom om oorlog te maak.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3