Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:16-21 Bybel vir Almal (ABA)

16. Mense het ook geld betaal vir skuld-offers en vir sonde-offers, maar die voormanne het nie daardie geld gebruik vir die tempel nie, daardie geld was vir die priesters.

17. In daardie tyd het koning Gasael van Aram die stad Gat aangeval en oorwin, en daarna het hy gekom om Jerusalem aan te val.

18. Koning Joas van Juda het toe al die gewyde presente geneem wat sy voorvaders Josafat, Joram en Ahasia, die konings van Juda, gewy het, en ook sy eie gewyde presente, al die goud wat hy kon kry in die stoorkamers van die tempel en die paleis. Hy het dit vir koning Gasael van Aram gestuur. Gasael het toe nie vir Jerusalem aangeval nie.

19. Al die ander dinge wat Joas gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.

20. Sy amptenare het opstandig geword teen hom en hulle het planne gemaak teen hom. Hulle het hom doodgemaak by die plek Bet-Millo, op die pad waar ’n mens na Silla gaan.

21. Dit was sy amptenare Josabad seun van Simat en Jehosabad seun van Somer wat hom doodgemaak het. Hy het gesterf, en sy mense het hom begrawe by sy voorvaders in die Dawidstad. Sy seun Amasia het koning geword ná hom.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12