hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12 Bybel vir Almal (ABA)

Joas, koning van Juda

1. Joas het koning van Juda geword in die sewende jaar nadat Jehu koning van Israel geword het. Joas was 40 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma se naam was Sibja, sy was van die stad Berseba.

2. Joas het dinge gedoen waarvan die Here hou. Dit was so in die tyd toe die priester Jojada vir Joas geleer het.

3. Maar Joas het nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog ge-offer en hulle het wierook gebrand op die offer-plekke.

Joas laat die tempel regmaak

4. Joas het vir die priesters gesê hulle moet al die geld neem wat mense wy en wat hulle na die tempel bring, die geld wat hulle móét bring en die geld wat hulle self wil bring.

5. Hulle moet die geld neem van die mense wat dit bring, en dan moet hulle die tempel regmaak oral waar dit nodig is.

6. Maar in die 23ste jaar nadat Joas koning geword het, het die priesters nog nie die werk aan die tempel begin doen nie.

7. Joas roep toe die priester Jojada en die ander priesters en hy sê vir hulle: “Hoekom maak julle nie die tempel reg nie? Van nou af mag julle nie meer die geld hou wat die mense bring nie, julle moet dit gebruik om die tempel reg te maak.”

8. Die priesters het gesê dit is goed, hulle sal nie meer die geld wat die mense bring, hou nie, hulle sal dit net gebruik om die tempel reg te maak.

9. Die priester Jojada het toe ’n kis geneem en hy het ’n gat in die deksel gemaak. Hy het die kis neergesit regs langs die altaar, waar die mense inkom. Die priesters wat by die deure wagstaan, het al die geld geneem wat mense na die tempel gebring het en hulle het die geld in die kis gegooi.

10. Toe hulle sien daar is baie geld in die kis, het die sekretaris van die koning en die hoëpriester gekom en hulle het die geld getel en in sakke gesit.

11. Daarna het hulle die geld gegee vir die voormanne wat die werk moes laat doen, en die voormanne het die geld gebruik om die skrynwerkers en die bouers wat aan die tempel gewerk het, te betaal.

12. Hulle het ook die messelaars betaal en die mense wat die klippe gekap het. Hulle het ook hout en gekapte klip gekoop om die tempel reg te maak en om alles te doen wat nodig is.

13. Hulle het nie die geld gebruik om silwerbakke, skêre, skottels, trompette of enige ander goue of silwer gereedskap vir die tempel te maak nie.

14. Hulle het die geld gegee vir die voormanne wat die werk moes laat doen, en die voormanne het die geld gebruik om die tempel te laat regmaak.

15. Die sekretaris van die koning en die hoëpriester het die geld vir die voormanne gegee, en die voormanne het eerlik gewerk. Die sekretaris en die hoëpriester het nie gesê die voormanne moet kom sê wat hulle met die geld gedoen het nie.

16. Mense het ook geld betaal vir skuld-offers en vir sonde-offers, maar die voormanne het nie daardie geld gebruik vir die tempel nie, daardie geld was vir die priesters.

Joas gee die silwer en die goud van die tempel en van die paleis vir koning Gasael van Aram

17. In daardie tyd het koning Gasael van Aram die stad Gat aangeval en oorwin, en daarna het hy gekom om Jerusalem aan te val.

18. Koning Joas van Juda het toe al die gewyde presente geneem wat sy voorvaders Josafat, Joram en Ahasia, die konings van Juda, gewy het, en ook sy eie gewyde presente, al die goud wat hy kon kry in die stoorkamers van die tempel en die paleis. Hy het dit vir koning Gasael van Aram gestuur. Gasael het toe nie vir Jerusalem aangeval nie.

Joas sterf

19. Al die ander dinge wat Joas gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.

20. Sy amptenare het opstandig geword teen hom en hulle het planne gemaak teen hom. Hulle het hom doodgemaak by die plek Bet-Millo, op die pad waar ’n mens na Silla gaan.

21. Dit was sy amptenare Josabad seun van Simat en Jehosabad seun van Somer wat hom doodgemaak het. Hy het gesterf, en sy mense het hom begrawe by sy voorvaders in die Dawidstad. Sy seun Amasia het koning geword ná hom.