Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 30:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid en sy manne het op die derde dag by die stad Siklag aangekom. Terwyl hulle weg was, het die Amalekiete die mense in die Suid-land en in Siklag aangeval en hulle het alles gevat wat hulle kon kry. Hulle het Siklag aangeval en hulle het die stad verbrand.

2. Hulle het al die vroue wat in die stad was, gevang en weggevat. Hulle het niemand doodgemaak nie, hulle het die vroue voor hulle laat loop en hulle het verder gegaan.

3. Dawid en sy manne kom toe by die stad, en toe was dit afgebrand. Hulle vroue en hulle seuns en dogters was weg.

4. Dawid en die manne by hom het hard gehuil, hulle het aangehou totdat hulle nie meer kon huil nie.

5. Dawid se twee vroue was ook weg. Sy vroue was Aginoam van die stad Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van die stad Karmel.

6. Dit was gevaarlik vir Dawid, want die manne het gesê hulle wil hom doodgooi met klippe. Die manne was baie hartseer oor hulle kinders. Maar Dawid het sterk gebly, want sy God die Here was by hom.

7. Dawid het vir die priester Abjatar seun van Agimelek gesê: “Bring die skouer-kleed na my toe.”Abjatar het die skouer-kleed vir Dawid gebring

8. en Dawid het vir die Here gevra: “Hierdie mense het ons vroue en kinders en ons goed weggevat, moet ek hulle volg en jaag? Sal ek hulle kan vang?”Die Here het vir hom gesê: “Jy moet hulle volg en jaag, want jy sal hulle kan vang en jy sal jou mense red. Dit is seker.”

9. Dawid en 600 manne het gegaan en hulle het by die Besor-rivier gekom. Party van die manne het daar gebly.

10. Dawid en 400 manne het die Amalekiete gevolg, en 200 manne was te moeg om oor die rivier te gaan, hulle het daar gebly.

11. Dawid se manne het ’n Egiptenaar in die veld gekry en hulle het hom na Dawid toe geneem. Hulle het vir hom kos en water gegee

12. en droë vye en twee koeke rosyne. Hy het geëet en hy het toe beter gevoel, want hy het drie dae lank niks geëet of gedrink nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 30