Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:18-21 Bybel vir Almal (ABA)

18. Samuel het vir Eli alles vertel. Hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, Hy moet doen wat Hy wil doen.”

19. Samuel het grootgeword, en die Here was by hom. Die Here het alles gedoen wat Hy gesê het.

20. Al die Israeliete, van die stad Dan in die noorde tot by die stad Berseba in die suide, het geweet Samuel is ’n profeet wat altyd sê wat die Here vir hom sê.

21. Die Here het van toe af weer in Silo verskyn, want toe Hy in Silo met Samuel gepraat het, het Hy vir Samuel gewys wie Hy is. Samuel het met al die Israeliete gepraat.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3