Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 28:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die Filistyne het bymekaargekom en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Sunem. Saul het al die Israeliete laat bymekaarkom en hy het sy tente opgeslaan op Gilboa-berg.

5. Saul het baie bang geword toe hy die tente van die Filistyne sien en hy het gebewe.

6. Hy het vir die Here gevra wat hy moet doen, maar die Here het hom nie geantwoord nie. Die Here het nie met Saul gepraat in ’n droom of met die urim nie. Hy het ook nie vir die profete gesê wat hulle vir Saul moet sê nie.

7. Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Julle moet vir my sê waar is ’n vrou wat met die geeste van dooie mense praat, ek wil vir haar vra wat ek moet doen.”Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is so ’n vrou in En-Dor.”

8. Saul het ander klere aangetrek sodat niemand kon sien wie hy is nie, en hy en twee manne het na die vrou toe gegaan. Hulle het in die nag by die vrou gekom, en Saul het vir haar gesê: “Jy moet vir my help, jy moet praat met die gees van ’n dooie man. Ek sal vir jou sê wie jy moet laat kom.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 28