Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 17:51-58 Bybel vir Almal (ABA)

51. Dawid het gehardloop en by die Filistyn gaan staan. Hy het die Filistyn se swaard uit sy leersak getrek en hy het hom doodgemaak en sy kop afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood is, het hulle gevlug.

52. Die manne van Israel het die Filistyne gejaag tot waar ’n mens by die vallei kom, en tot by die poorte van die stad Ekron. Baie Filistyne was dood en hulle het gelê op die pad na die stad Saärajim en tot by die stede Gat en Ekron.

53. Die Israeliete het toe opgehou om die Filistyne te jaag en hulle het teruggekom en die goed in die Filistyne se kamp gevat.

54. Dawid het die Filistyn se kop gevat en hy het dit na Jerusalem gebring, maar hy het die Filistyn se wapens in sy eie tent gaan sit.

55. Toe Saul gesien het Dawid gaan om met die Filistyn te veg, het hy vir Abner, die hoof van die leër, gevra: “Abner, wie se seun is daardie jongman?”Abner het geantwoord: “Nee, koning, ek weet glad nie.”

56. Die koning het gesê: “Jy moet uitvind wie se seun hy is.”

57. Nadat Dawid die Filistyn oorwin het, het hy teruggekom en Abner het hom na die koning toe gebring. Dawid het die Filistyn se kop in sy hand vasgehou.

58. Saul het vir hom gevra: “Jongman, wie is jou pa?”En Dawid het gesê: “My pa is Isai van Betlehem.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 17