Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 14:44-52 Bybel vir Almal (ABA)

44. Toe sê Saul: “Jonatan, so seker soos die Here lewe, jy moet sterf.”

45. Maar die manne het vir Saul gesê: “Moet Jonatan sterf? Nee, nooit nie! Dit is hý wat die Israeliete gehelp het om te wen! So seker soos die Here lewe, daar sal nie een haar van Jonatan se kop op die grond val nie, want God het hom gehelp.”So het die manne vir Jonatan gered. Hy het nie gesterf nie.

46. Saul het opgehou om die Filistyne te jaag, en die Filistyne het teruggegaan na hulle land.

47. Nadat Saul koning geword het oor die Israeliete, het hy oorlog gemaak teen al sy vyande rondom die land Israel: teen die Moabiete, die Ammoniete, die Edomiete, die konings van die land Soba, en die Filistyne. Hy het oral gewen teen die vyande.

48. Hy het sy manne geneem en hulle het die Amalekiete oorwin. So het hy die Israeliete gered van almal wat altyd hulle goed kom vat het.

49. Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malki-Sua, en sy twee dogters se name was Merab en Mikal.

50. Saul se vrou was Aginoam dogter van Agimaäs. Die hoof van Saul se leër was Abner. Abner se pa was Ner. Ner was Saul se oom.

51. Saul se pa was Kis. Kis en Ner was die seuns van Abiël.

52. Die oorlog teen die Filistyne het aangehou so lank soos Saul koning was, en hy het elke man wat kon oorlog maak, saam met hom geneem.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 14