Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 12:19-25 Bybel vir Almal (ABA)

19. Al die mense het vir Samuel gesê: “Jy moet tot jou God die Here bid en vra dat ons nie sal sterf nie, want ons het baie sondes gedoen, en nou het ons ook nog hierdie verkeerde ding gedoen om ’n koning te vra.”

20. Samuel het vir die volk gesê: “Julle moenie bekommerd wees nie. Julle het ál hierdie verkeerde dinge gedoen, maar julle moenie weggaan van die Here nie, julle moet Hom dien met julle hele hart.

21. Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie.

22. Want die Here sal nie sy volk los nie, Hy wil hê dat almal moet weet dat Hy die Groot God is. Ja, Hy het besluit dat julle sy volk moet wees.

23. En ek, julle moenie dink dat ek sonde sal doen teen die Here nie, ek sal nie ophou om vir julle te bid nie, ek sal vir julle leer om reg te lewe.

24. Maar dan moet julle die Here eer en julle moet Hom waarlik dien met julle hele hart, en julle moet onthou dat Hy groot dinge gedoen het vir julle.

25. Maar as julle aanhou om verkeerde dinge te doen, dan sal die Here julle én julle koning wegvee.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 12