Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 12:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Samuel het vir al die Israeliete gesê: “Kyk, ek het alles gedoen wat julle gevra het en ek het ’n koning gekies en aangestel om oor julle te regeer.

2. Daarom is die koning nou hier en hy lei julle. Ek is oud, en my seuns is hier by julle. Dit is ek wat julle gelei het vandat ek jonk was tot nou toe.

3. Hier is ek. Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het, sê dit waar die Here en sy gesalfde dit kan hoor. Wie se bees of donkie het ek gevat? Aan wie het ek slegte dinge gedoen en vir wie het ek laat swaarkry? Van wie het ek omkoopgeld geneem sodat ek nie reg moet oordeel nie? Sê vir my, dan sal ek dit teruggee.”

4. Die Israeliete het gesê: “Jy het nie slegte dinge aan ons gedoen nie, jy het ons nie laat swaarkry nie, jy het van niemand iets gevat nie.”

5. Toe sê Samuel vir hulle: “Die Here en sy gesalfde koning is getuies. Julle kan my nie beskuldig nie, ek het niks verkeerd gedoen nie.”Hulle het gesê: “Dit is waar.”

6. Daarna het Samuel vir die volk gesê: “Die Here het vir Moses en Aäron leiers gemaak en dit is Hy wat julle voorvaders uit die land Egipte gebring het.

7. Kom staan nou hier sodat ek vir julle kan vertel hoe goed die Here was vir julle en julle voorvaders, die Here moet dit hoor.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 12