Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 10:17-23 Bybel vir Almal (ABA)

17. Samuel het die volk bymekaargeroep by die tempel in Mispa.

18. Daar het hy vir die Israeliete gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek het julle uit Egipte gebring en Ek het julle gered van die Egiptenaars en van al die volke wat julle verdruk het.’

19. Maar julle het vandag vir julle God gesê dat julle Hom nie wil hê nie, Hy wat julle altyd red wanneer julle swaarkry en wanneer dit sleg gaan met julle. Julle het vir Hom gesê: ‘U moet ’n koning kies en U moet hom aanstel oor ons.’ Nou goed, kom staan nou voor die Here, elke stam en groep bymekaar.”

20. Samuel het toe al die stamme van Israel laat nader kom, en die Here het die Benjamin-stam gekies.

21. Toe het hy die families van die Benjamin-stam laat nader kom, en die Here het die Matri-familie gekies. Daarna het die Here vir Saul seun van Kis gekies. Maar toe hulle vir Saul soek, kon hulle hom nie kry nie.

22. Hulle het toe vir die Here gevra: “Is die man hier?”En die Here het gesê: “Ja, kyk, hy kruip weg tussen die sakke.”

23. Hulle het toe gehardloop en vir Saul uitgebring. Toe hy tussen die mense staan, was hy ’n kop langer as al die ander mense.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 10