Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 10:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. Iemand wat daar was, het ook nog gevra: “Van watter familie kom die profete?”Daarom sê die mense vandag nog: “Is Saul ook by die profete?”

13. Toe Saul klaar soos ’n profeet gepraat het, het hy na die offer-plek gegaan.

14. Sy oom het vir hom en sy slaaf gevra: “Waar was julle?”Saul het gesê: “Ons het die donkies gaan soek, en toe ons hulle nie kry nie, het ons na Samuel toe gegaan.”

15. Toe sê Saul se oom: “Sê asseblief vir my wat het Samuel gesê.”

16. Saul het vir sy oom gesê: “Hy het net vir ons gesê dat die mense die donkies gekry het.”Samuel het ook nog gesê dat Saul koning sal word, maar Saul het niks daarvan gesê nie.

17. Samuel het die volk bymekaargeroep by die tempel in Mispa.

18. Daar het hy vir die Israeliete gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek het julle uit Egipte gebring en Ek het julle gered van die Egiptenaars en van al die volke wat julle verdruk het.’

19. Maar julle het vandag vir julle God gesê dat julle Hom nie wil hê nie, Hy wat julle altyd red wanneer julle swaarkry en wanneer dit sleg gaan met julle. Julle het vir Hom gesê: ‘U moet ’n koning kies en U moet hom aanstel oor ons.’ Nou goed, kom staan nou voor die Here, elke stam en groep bymekaar.”

20. Samuel het toe al die stamme van Israel laat nader kom, en die Here het die Benjamin-stam gekies.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 10