Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9:33-44 Bybel vir Almal (ABA)

33. Die familiehoofde van die Leviete wat by die tempel moes sing, het in die kamers by die tempel gewoon. Hulle het nie ander werk gedoen nie, want hulle moes elke dag en nag gereed wees om hulle werk te doen.

34. Die mense wie se name hierbo geskryf is, was familiehoofde van die Leviete. Hulle was die hoofde van die families wat afstammelinge van Levi was, en hulle het in Jerusalem gewoon.

35. Jeïel, die voorvader van die mense van die stad Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.

36. Sy oudste seun was Abdon, en sy ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

37. Gedor, Agjo, Seker en Miklot.

38. Miklot was die pa van Sima. Hulle het ook by hulle familie in Jerusalem gewoon.

39. Ner was die pa van Kis, Kis was die pa van Saul, en Saul was die pa van Jonatan, Malki-Sua, Abinadab en Esbaäl.

40. Die seun van Jonatan was Meribbaäl, en Meribbaäl was die pa van Miga.

41. Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea

42. en Agas. Agas was die pa van Joadda, en Joadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.

43. Mosa was die pa van Bina, Bina was die pa van Rafa, Rafa was die pa van Elasa, en Elasa was die pa van Asel.

44. Asel het ses seuns gehad. Hier is hulle name: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 9