Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:25-32 Bybel vir Almal (ABA)

25. Die nageslag van Elkana was die families Amasai, Agimot,

26. Elkana, Sofai, Nagat,

27. Eliab, Jerogam en Elkana.

28. Die seuns van Samuel was Joël, die oudste seun, en Abija, die tweede seun.

29. Die nageslag van Merari was die families Magli, Libni, Simi, Ussa,

30. Sima, Gaggija en Asaja.

31. Dawid het mense gekies en aangestel om by die tempel te sing nadat hy die kis van die Here op sy plek gesit het.

32. Hulle werk was om te sing voor die tempel-tent, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hulle het dit daar gedoen totdat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het. Hulle het beurte gekry om in die tempel te sing.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6