Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:5-22 Bybel vir Almal (ABA)

5. Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa, het twee vroue gehad, hulle name was Gela en Naära.

6. Asgur en Naära se seuns was Agussam, Gefer, Temni en Agastari.

7. Asgur en Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.

8. Kos was die pa van Anub en Sobeba. Garum was die voorvader van die Agargel-families.

9. Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem. Sy het gesê: “Ek gee hierdie naam vir hom omdat ek baie pyn gehad het toe hy gebore is.”

10. Jabes het tot die God van Israel gebid en gesê: “Ek bid dat U my baie sal seën en dat U baie grond vir my sal gee. Ek bid dat U my sal beskerm, sodat dit nie sleg sal gaan met my nie en sodat ek nie sal seerkry nie.”God het alles laat gebeur wat Jabes gevra het.

11. Kelub, die broer van Suga, was die pa van Megir, en Megir was die pa van Eston.

12. Eston was die voorvader van die mense van Bet-Rafa, Paseag en Teginna. Teginna was die voorvader van die mense van Ir-Nagas. Hulle was die Reka-mense.

13. Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja, en die seuns van Otniël was Gatat.

14. Meonotai was die pa van Ofra, en Seraja was die pa van Joab. Joab was die voorvader van die mense van Ambagsman-vallei, want die mense daar was ambagsmanne.

15. Kaleb was die seun van Jefunne, en die seuns van Kaleb was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas.

16. Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.

17. Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efa en Jalon. Mered was die pa van Mirjam, Sammai en Jisbag. Jisbag was die voorvader van die mense van Estemoa.

18. Mered en sy Judese vrou was die ouers van Jered, Heber en Jekutiël. Jered was die voorvader van die mense van Gedor, Heber was die voorvader van die mense van Soko, en Jekutiël was die voorvader van die mense van Sanoag. Die ander seuns van Mered was kinders van sy vrou Bitja. Bitja was ’n dogter van die farao.

19. Naham was die voorvader van die mense van Keïla. Naham se suster was getroud met Hodija, en hulle twee was die voorouers van die mense van Gerem, Estemoa en Maäka.

20. Die seuns van Simon was Amnon, Rinna, Ben-Ganan en Tolon. Die seuns van Jisi was Soget en Ben-Soget.

21. Sela was die seun van Juda, en Sela se seuns was Er en Lada. Er was die voorvader van die mense van Leka. Lada was die voorvader van die mense van die stad Maresa en van die families wat met linne gewerk het, hulle was van die stad Bet-Asbea.

22. Sela se ander seuns was Jokim en Koseba, Joas, Saraf en Jasubi-Legem. Die land Moab het aan Saraf behoort. Al hierdie name was in ou lyste van families se name.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4