Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid het ses seuns gehad wat in Hebron gebore is. Die oudste seun was Amnon. Sy ma was Aginoam van die stad Jisreël. Die tweede seun was Daniël. Sy ma was Abigajil van die stad Karmel.

2. Die derde seun was Absalom. Sy ma was Maäka, ’n dogter van koning Talmai van die land Gesur. Die vierde seun was Adonia. Sy ma was Gaggit.

3. Die vyfde seun was Sefatja. Sy ma was Abital. Die sesde seun was Jitream. Sy ma was Dawid se vrou Egla.

4. Dit is die ses seuns van Dawid wat in Hebron gebore is. Dawid was sewe jaar en ses maande lank koning in Hebron, en hy was 33 jaar lank koning in Jerusalem.

5. In Jerusalem is daar nog seuns van Dawid gebore: Die vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo se ma was Bat-Sua dogter van Ammiël.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3