Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:26-32 Bybel vir Almal (ABA)

26. Daarom moet die Leviete nie meer die tempel-tent en al die gereedskap vir die werk daarin dra nie.”

27. Dit was al die Leviete wat 20 jaar en ouer was. Dawid het ’n kort tydjie voordat hy gesterf het, gesê hulle moet hierdie werk doen:

28. Hulle moes die priesters help wanneer die priesters in die tempel werk of op die oop stukke grond of in die kamers, en wanneer die priesters al die gewyde dinge reinig en die werk in die tempel doen.

29. Die Leviete moes ook help om die offer-brood en die meel vir die koring-offer gereed te maak. Hulle moes die ongesuurde brood bak, die bakplaat skoonmaak, die deeg meng en kyk dat die mense reg weeg en meet.

30. Die Leviete moes elke oggend gereed wees om vir die Here dankie te sê en Hom te prys. Hulle moes dit ook elke aand doen.

31. Hulle moes help wanneer die priesters vir die Here brand-offers bring op Sabbatdae, op Nuwemaan-feeste en op ander feeste. Daar moes altyd genoeg Leviete wees om te help werk by die tempel.

32. So moes die Leviete help werk by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het, by die gewyde plek. Dit was die werk wat hulle familie, die nageslag van Aäron, by die tempel moes doen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23