Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:16-32 Bybel vir Almal (ABA)

16. Sebuel was die hoof van die Gersom-familie.

17. Regabja was die hoof van die Eliëser-familie. Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar Regabja het baie seuns gehad.

18. Selomit was die hoof van die Jishar-familie.

19. Jerija was die hoof van die Hebron-familie. Amarja was die tweede seun, Jagasiël was die derde en Jekamam was die vierde seun.

20. Miga was die hoof van die Ussiël-familie en Jissija was die onder-hoof.

21. Merari se seuns was Magli en Musi. Magli se seuns was Eleasar en Kis.

22. Toe Eleasar gesterf het, het hy nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Die dogters het getrou met mans van die Kis-familie, die mans was hulle eie familie.

23. Musi het drie seuns gehad, hulle name was Magli, Eder en Jeremot.

24. Dit was die Levi-families, die familiehoofde en hulle groepe. Elkeen se naam is in ’n naamlys geskryf. Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, moes die werk in die tempel doen.

25. Hulle moes dit doen omdat Dawid gesê het: “Die Here, die God van Israel, het sy volk laat rus en Hy wil altyd in Jerusalem woon.

26. Daarom moet die Leviete nie meer die tempel-tent en al die gereedskap vir die werk daarin dra nie.”

27. Dit was al die Leviete wat 20 jaar en ouer was. Dawid het ’n kort tydjie voordat hy gesterf het, gesê hulle moet hierdie werk doen:

28. Hulle moes die priesters help wanneer die priesters in die tempel werk of op die oop stukke grond of in die kamers, en wanneer die priesters al die gewyde dinge reinig en die werk in die tempel doen.

29. Die Leviete moes ook help om die offer-brood en die meel vir die koring-offer gereed te maak. Hulle moes die ongesuurde brood bak, die bakplaat skoonmaak, die deeg meng en kyk dat die mense reg weeg en meet.

30. Die Leviete moes elke oggend gereed wees om vir die Here dankie te sê en Hom te prys. Hulle moes dit ook elke aand doen.

31. Hulle moes help wanneer die priesters vir die Here brand-offers bring op Sabbatdae, op Nuwemaan-feeste en op ander feeste. Daar moes altyd genoeg Leviete wees om te help werk by die tempel.

32. So moes die Leviete help werk by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het, by die gewyde plek. Dit was die werk wat hulle familie, die nageslag van Aäron, by die tempel moes doen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23