Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 22:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ek bid dat die Here jou sal help om dinge te ken en te verstaan, en dat Hy vir jou sal sê hoe jy oor Israel moet regeer. Ek bid dat jy sal doen wat die wette van jou God die Here sê.

13. Dit sal goed gaan met jou as jy kyk dat die Israeliete doen wat die Here gesê het en as hulle doen wat Hy besluit het. Die Here het dit alles vir Moses gesê. My seun, jy moet sterk en dapper wees, jy moenie bang wees nie, jy moenie skrik nie.

14. Kyk, ek het hard gewerk. Ek het 100 000 talente goud en een miljoen talente silwer bymekaargemaak vir die tempel, en ook so baie brons en yster dat ’n mens dit nie kan weeg nie. Ek het ook hout en klip bymekaargemaak, en jy kan nog meer daarby sit.

15. Daar is ook baie werkers wat jy kan gebruik: mense wat klippe kan regkap, ambagsmanne wat met klip en hout kan werk, en mense wat vaardig is om enige werk te doen.

16. Daar is so baie goud en silwer en brons en yster dat ’n mens dit nie kan tel nie. Jy moet nou begin en jy moet die werk laat doen. Ek bid dat die Here by jou sal wees.”

17. Dawid het vir al die amptenare van Israel gesê hulle moet sy seun Salomo help.

18. Dawid het gesê: “Julle God die Here was by julle, Hy het julle laat wen teen al julle vyande. Hy het my laat wen teen die mense wat in die land gewoon het. Die Here en sy volk kon oor almal in die land regeer.

19. Nou moet julle hard probeer om te doen wat julle God die Here wil hê, julle moet begin om die tempel van God die Here te bou sodat julle die verbondskis van die Here en die gewyde gereedskap van God kan inbring in die tempel wat julle bou waar die Here kan woon.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 22