Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hulle het die kis van God gebring en hulle het dit neergesit in die tent wat Dawid laat opslaan het om die kis in te sit. Daarna het hulle brand-offers en ete-offers vir God gebring.

2. Nadat Dawid die brand-offers en die ete-offers ge-offer het, het hy vir die volk gesê dat die Here hulle sal seën.

3. Hy het vir elke Israeliet ’n broodjie en dadels en rosyntjies gegee, hy het dit vir elke man en vrou gegee.

4. Hy het ook party Leviete gekies en aangestel om by die kis van die Here te werk. Hulle werk was om vir die Here, die God van Israel, te sing en dankie te sê en om Hom te prys.

5. Asaf was die hoof van hierdie Leviete, en die onder-hoof was Sagaria. Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel het die harpe en liere gespeel, en Asaf het die simbale geslaan.

6. Die priesters Benaja en Jagasiël moes aanhou om trompette te blaas voor die verbondskis van God.

7. Daardie dag het Dawid die eerste maal vir Asaf en sy familie gesê hulle moet ’n lied sing vir die Here. Die lied se naam was: “Julle moet vir die Here dankie sê.”

8. Die woorde van die lied is:“Julle moet vir die Heredankie sê,julle moet sy Naam sê,julle moet vir al die volke vertelwat Hy gedoen het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16