Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 9:18-28 Bybel vir Almal (ABA)

18. die stede Baälat en Tamar in die woestyn, in die land Juda.

19. Hy het ook die stede gebou waar hy sy goed gebêre het en die stede waar sy oorlogkarre en sy ryperde was. Salomo het alles gebou wat hy wou bou in Jerusalem en op die Libanon-berg en in die hele land waar hy koning was.

20. Daar was nog stede waar mense gewoon het wat nie Israeliete was nie. Dit was die stede waar die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon het.

21. Die Israeliete kon hulle nie almal doodmaak nie, en Salomo het hulle kinders wat oorgebly het, laat kom om vir hom te werk, hulle het altyd sy slawe gebly.

22. Maar Salomo het gesê die Israeliete mag nie slawe word nie. Hulle was die manne wat oorlog moes maak en wat die koning moes oppas. Hulle was sy amptenare en offisiere en die hoofde van die soldate op die oorlogkarre en perde.

23. Daar was 550 manne wat moes kyk dat Salomo se werkers goed werk.

24. Salomo het die terras gebou nadat die farao se dogter uit die Dawidstad getrek het na die huis wat Salomo vir haar gebou het.

25. Hy het drie maal elke jaar brand-offers en ete-offers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het en hy het wierook-offers gebrand vir die Here. Dit was nadat hy die tempel klaar gebou het.

26. Koning Salomo het skepe laat bou in Esjon-Geber. Dit was by die stad Elot langs die strand by die Riet-see, in die land Edom.

27. Hiram het matrose gestuur wat die see goed geken het. Hulle was saam met die matrose van Salomo op die skepe.

28. Hulle het na die land Ofir gegaan en hulle het vir koning Salomo 420 talente goud gebring.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 9