Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:6-18 Bybel vir Almal (ABA)

6. Agisar was die hoof van die paleis-personeelen Adoniram seun van Abda was die hoof van die werkers.

7. Salomo het twaalf distrikshoofde in die land Israel gehad. Hulle moes sorg dat daar kos is vir die koning en vir die mense in sy paleis, elkeen moes elke jaar een maand lank kos bring.

8. Die name van hierdie distrikshoofde was:Ben-Gur in die Efraim-berge,

9. Ben-Deker in die stede Makas en Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Ganan,

10. Ben-Gesed in die stede Arubbot, Soko en die hele Gefer-distrik,

11. Ben-Abinadab in die hele distrik Nafat-Dor. Ben-Abinadab was getroud met Salomo se dogter Tafat.

12. Baäna seun van Agilud was in die stede Taänak en Megiddo en die hele Bet-San oorkant Saretan suid van Jisreël. Dit is al die plekke van Bet-San tot by die stad Abel-Megola en tot oorkant die stad Jokmoam.

13. Ben-Geber was in die stad Ramot-Gilead. Hy was die hoof van die kampe van Jaïr seun van Manasse. Die kampe was in Gilead. Hy was ook die hoof van die Argob-distrik wat in Basan is. Daar was 60 groot stede met sterk mure. Die poorte het sluitbalke van brons gehad.

14. Aginadab seun van Iddo was in die stad Maganajim,

15. Agimaäs was in die distrik Naftali. Hy was getroud met ’n ander dogter van Salomo, met Basmat.

16. Baäna seun van Gusai was in die distrik Aser en Bealot,

17. Josafat seun van Paruag was in die distrik Issaskar,

18. Simeï seun van Ela was in die distrik Benjamin,

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4