Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 17:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die profeet Elia van Tisbe het nie self grond gehad nie, hy het in Gilead by ander mense gewoon. Hy het vir Agab gesê: “Daar sal hierdie jaar nie reën of dou wees nie. Dit sal net reën of dou as ek so sê. Dit is so seker soos die Here lewe, die God van Israel vir wie ek werk.”

2. Daarna het die Here vir Elia gesê:

3. “Jy moet hier weggaan. Gaan oos, oor die Jordaan-rivier, en gaan kruip weg in die Krit-vallei.

4. Jy kan water drink uit die stroom in die vallei, en Ek het vir die kraaie gesê hulle moet vir jou kos bring.”

5. Elia het gegaan en hy het gedoen wat die Here vir hom gesê het. Hy het in die Krit-vallei anderkant die Jordaan-rivier gaan bly.

6. Die kraaie het elke oggend en elke aand brood en vleis vir hom gebring, en hy het water uit die stroom in die vallei gedrink.

7. Dit het nie gereën nie, en daar was later nie meer water in die Krit-vallei nie.

8. Toe het die Here vir Elia gesê:

9. “Jy moet gereedmaak en na die stad Sarfat gaan in die land van die Sidoniërs. Jy moet daar gaan bly. Ek het vir ’n weduwee daar gesê sy moet vir jou kos gee.”

10. Elia het gereedgemaak en na Sarfat gegaan. Toe hy by die poort van die stad kom, was ’n weduwee daar besig om hout bymekaar te maak. Hy het haar geroep en gevra: “Gee asseblief vir my ’n bietjie water in ’n beker sodat ek dit kan drink.”

11. Toe sy gaan om die water te gaan haal, skree hy vir haar: “Bring asseblief ook vir my ’n stukkie brood saam.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 17