Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 15:22-31 Bybel vir Almal (ABA)

22. Koning Asa het al die mense van Juda laat roep. Hulle moes almal kom. Hulle het die klippe en die hout weggedra wat Baesa wou gebruik om die stad Rama te bou. Koning Asa het die stad Geba in die land Benjamin en die stad Mispa gebou met daardie klippe en hout.

23. Al die ander dinge wat Asa gedoen het, ook die belangrike dinge en die stede wat hy gebou het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda. Toe hy oud was, het hy siek geword, sy voete was baie seer.

24. Hy het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad van sy voorvader Dawid. Asa se seun Josafat het koning geword ná hom.

25. Nadab seun van Jerobeam het koning van Israel geword in die tweede jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Nadab was twee jaar lank koning van Israel.

26. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Sy pa Jerobeam het die mense van Israel sonde laat doen, en Nadab het dieselfde gedoen, hy het dieselfde sondes gedoen wat sy pa gedoen het.

27. Nadab en al die manne van Israel het die stad Gibbeton aangeval van al die kante. Die stad was in die land van die Filistyne. Baesa seun van Agija van die Issaskar-stam het saam met ander mense ’n plan gemaak teen Nadab, en hulle het hom doodgemaak.

28. Dit was in die derde jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Baesa het toe die koning van Israel geword ná Nadab.

29. Nadat Baesa koning geword het, het hy begin om almal in die koningshuis van Jerobeam dood te maak. Hy het niemand van Jerobeam se nageslag laat aanhou lewe nie. Dit alles het gebeur soos die Here voorheen vir sy dienaar Agija van Silo gesê het om vir die mense te sê.

30. Dit het gebeur omdat Jerobeam daardie sondes gedoen het en omdat hy die mense van Israel sonde laat doen het. Jerobeam het die Here, die God van Israel, kwaad gemaak.

31. Al die ander dinge wat Nadab gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 15