Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 1:11-14 Bybel vir Almal (ABA)

11. Jy moet hulle keer sodat hulle nie daardie verkeerde stories vertel nie. Want wanneer hulle vir mense dinge leer wat hulle nie vir hulle moet leer nie, dan maak hulle die mense in party huisgesinne heeltemal deurmekaar, mense wat in Christus glo. Hulle doen hierdie dinge om geld te kry, en dit is ’n skande.

12. Een van die mense van Kreta het soos ’n profeet gepraat. Hy het gesê:Die mense van Kreta lieg altyd,hulle is soos gevaarlike diere,hulle wil altyd eet en hulle is lui.

13. Hierdie man het die waarheid gepraat. Daarom moet jy reguit vir hulle sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Jy moet dit doen sodat hulle die regte dinge kan glo.

14. Hulle moet ophou om te luister na die Jode se stories wat nie waar is nie. Hulle moet ook nie luister na ander mense wat vir hulle sê wat hulle moet doen nie. Hulle moet ophou om te luister na daardie mense, want dit is mense wat self nie meer wil luister na die waarheid nie.

Lees volledige hoofstuk Titus 1