Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:5-17 Bybel vir Almal (ABA)

5. Hulle voorvaders was die belangrike voorvaders, almal weet wie hulle was. Die Christus was ook ’n Israeliet, Christus wat oor alles regeer. Hy is God, en ons moet Hom altyd prys. Amen.

6. Julle moenie dink dat God iets belowe het en dit het nie gebeur nie. Julle moet weet dat baie Israeliete nie ware Israeliete is nie.

7. En baie mense van die nageslag van Abraham is ook nie ware kinders van Abraham nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Die nageslag van Isaksal jou nageslag wees.

8. Dit beteken: Mense is nie kinders van God net omdat hulle die nageslag van Abraham is nie. Mense is kinders van God omdat Hy belowe het dat hulle sy kinders sal wees.

9. Want God het vir Abraham belowe: Ek sal volgende jaardieselfde tyd terugkomna jou toe.Dan sal jou vrou Sara ’n seun hê.

10. Dieselfde het met Rebekka gebeur. Sy het twee kinders verwag, en een man, Isak, was hulle pa. Hy was ons voorvader.

11-12. God het vir Rebekka gesê: Die oudste seun saldie jongste seun dien.God het dit gesê voordat die twee kinders gebore is en voordat hulle iets gedoen het wat goed of sleg is. Dit wys dat God self besluit wie Hy wil kies om sy kinders te wees. Hy kies hulle nie omdat hulle goeie dinge doen nie, Hy kies hulle omdat Hy besluit Hy wil hulle kies.

13. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Ek was lief vir Jakob,maar Ek het nie van Esaugehou nie.

14. Mag ons nou sê dat God nie reg doen nie? Nee, nooit nie!

15. Want God het vir Moses gesê: Ek besluit self vir wie Ek genadig en goed wil wees.

16. Dit wys vir ons: God kies nie mense omdat hulle goeie dinge doen of wil doen nie. God kies mense omdat Hy goed wil wees vir hulle.

17. Want in die Ou Testament sê God vir die farao: Ek het jou ’n koning laat wordsodat Ek kan wyshoe sterk Ek isen sodat almal op die aardekan weet wie Ek is.

Lees volledige hoofstuk Romeine 9