Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vriende, ek weet julle ken God se wette. Julle weet dat die wette oor ’n mens regeer terwyl hy lewe.

2. Die wette sê dat ’n vrou wat getroud is, net haar eie man se vrou is terwyl hy lewe. Maar wanneer haar man gesterf het, dan is sy vry, dit sê die wette.

3. Die wette sê sy pleeg egbreuk wanneer sy ’n ander man se vrou word terwyl haar man lewe. Maar wanneer haar man dood is, dan is sy vry, die wet regeer nie meer oor haar nie. As sy daarna ’n ander man se vrou word, dan pleeg sy nie egbreuk nie.

4. My vriende, dit is dieselfde met julle: Christus het gesterf, en julle het saam met Hom gesterf. Daarom regeer die wette nie oor julle nie. Julle behoort nou aan Iemand Anders, julle behoort aan Christus. Christus was dood, maar God het Hom weer laat lewe. Daarom kan ons nou almal lewe soos God wil hê.

5. Voorheen het ons gelewe soos mense graag lewe. Ons het God se wette geken, en daarom het ons lus geword om sonde te doen. Ons het ons liggame gebruik om dinge te doen wat ons laat sterf.

Lees volledige hoofstuk Romeine 7