Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:5-15 Bybel vir Almal (ABA)

5. Dit is God wat ons help om aan te hou glo en wat ons bemoedig. Ek bid dat Hy vir julle sal help om altyd gereed te wees om saam te werk met mekaar, dit is soos Christus Jesus dit wil hê.

6. Dan sal julle almal dieselfde daaroor dink en saam vir God prys, Hy wat die Vader van ons Here Jesus Christus is.

7. Julle moet mekaar aanvaar, soos Christus julle ook aanvaar het. Dan sal al die mense vir God prys.

8. Ek sê vir julle: Christus het gekom om die Jode te dien sodat almal kon weet dat God doen wat Hy belowe het. God het goeie dinge belowe vir die voorvaders van die Jode, en Christus het kom wys dat God doen wat Hy vir hulle belowe het.

9. Christus het ook gekom sodat die heidene God kan prys omdat God goed is vir hulle. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Daarom, ek sal U prys sodatdie heidene dit kan hoor,ek sal sing oor u Naam.

10. En op ’n ander plek in die Ou Testament is geskryf: Julle heidene moet bly weessaam met die volk wat aandie Here behoort!

11. In die Ou Testament is daar ook geskryf: Al die heidene moetdie Here prys,al die mense moet Hom prys.

12. En Jesaja sê: Die koning wat vandie nageslag van Isai is,sal kom,en hy sal begin om oordie heidene te regeer,die heidene sal weet dat hyhulle sal red.

13. God laat mense aanhou hoop. Ek bid dat Hy vir julle bly sal maak en dat Hy vir julle vrede sal gee, vir julle wat glo. Dan sal die Heilige Gees vir julle krag gee, en julle sal baie seker wees dat die dinge wat julle hoop, sal gebeur.

14. Vriende, ek is baie seker dat julle baie goeie dinge doen vir mekaar, julle weet alles wat julle moet weet en julle kan vir mekaar leer om reg te lewe.

15. Maar ek het op party plekke in hierdie brief baie reguit met julle gepraat. Party van julle sal nie daarvan hou nie, maar ek wil hê julle moet onthou wat God vir julle gedoen het. God was baie goed vir my

Lees volledige hoofstuk Romeine 15