Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. En Jesaja sê: Die koning wat vandie nageslag van Isai is,sal kom,en hy sal begin om oordie heidene te regeer,die heidene sal weet dat hyhulle sal red.

13. God laat mense aanhou hoop. Ek bid dat Hy vir julle bly sal maak en dat Hy vir julle vrede sal gee, vir julle wat glo. Dan sal die Heilige Gees vir julle krag gee, en julle sal baie seker wees dat die dinge wat julle hoop, sal gebeur.

14. Vriende, ek is baie seker dat julle baie goeie dinge doen vir mekaar, julle weet alles wat julle moet weet en julle kan vir mekaar leer om reg te lewe.

15. Maar ek het op party plekke in hierdie brief baie reguit met julle gepraat. Party van julle sal nie daarvan hou nie, maar ek wil hê julle moet onthou wat God vir julle gedoen het. God was baie goed vir my

16. en Hy het my gekies om vir Christus Jesus te werk. Hy het my na die heidene toe gestuur, en my werk is om vir hulle die goeie boodskap van God te bring. Wanneer die heidene in Christus glo, dan word hulle soos ’n offer wat ek vir God gee, en God sal die offer aanvaar. Die Heilige Gees het hulle aan God gewy.

17. Ek behoort aan Christus Jesus en daarom is ek trots op alles wat ek vir God doen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15