Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. Daar is ook geskryf: Jy moenie vir jouself vrawie sal afgaan na onderdie aarde nie.Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie.

8. Nee, daar is geskryf: Die boodskap van Godis naby jou,dit is in jou mond en in jou hart.Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring.

9. As jy met jou mond sê jy glo Jesus is die Here, en as jy in jou hart glo dat God Hom weer laat lewe het, dan sal God jou red.

10. Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons.

11. Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo,sal wen,Hy sal hulle nie alleen los nie.

12. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red.

13. Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almalwat tot Hom bid en wat vraHy moet hulle red.

Lees volledige hoofstuk Romeine 10