hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vriende, ek wens en bid dat God die Israeliete sal red.

2. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle wil baie graag vir God dien, maar hulle weet nie hoe nie.

3. Hulle weet nie dat God mense vryspreek omdat hulle in Christus glo nie. Hulle wil nie hê God moet hulle vryspreek soos Hy dit wil doen nie, hulle wil hê God moet hulle vryspreek oor wat hulle self doen.

4. Christus het gekom, en nou spreek God mense vry, maar Hy doen dit nie omdat hulle doen wat die wette sê nie, Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.

5. Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê: Elkeen wat doenwat die wette sê, sal leweomdat hy dit gedoen het.

6. Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal opgaanna die hemel nie.Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie.

7. Daar is ook geskryf: Jy moenie vir jouself vrawie sal afgaan na onderdie aarde nie.Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie.

8. Nee, daar is geskryf: Die boodskap van Godis naby jou,dit is in jou mond en in jou hart.Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring.

9. As jy met jou mond sê jy glo Jesus is die Here, en as jy in jou hart glo dat God Hom weer laat lewe het, dan sal God jou red.

10. Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons.

11. Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo,sal wen,Hy sal hulle nie alleen los nie.

12. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red.

13. Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almalwat tot Hom bid en wat vraHy moet hulle red.

14. Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek.

15. En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Dit is mooi wanneer iemand komen goeie nuus bring.

16. Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie hetons boodskap geglo?

17. Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus.

18. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekomby al die mense op die aarde,die dinge wat hulle sê, het gekomby al die mense van die wêreld.

19. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maakop ’n volk wat nie regtig’n volk is nie,en Ek sal julle kwaad maakvir ’n volk wat niksverstaan nie.

20. En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê: Ek het mense na My toe laat komwat My nie gesoek het nie,Ek het verskyn aan mensewat nie gevra hetwaar Ek is nie.

21. Maar God sê oor die Israeliete: Ek het my hande uitgesteekna hulle toe, elke dag,maar hulle was ongehoorsameen hardkoppige mense.