Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 13:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die dier uit die aarde het wonderlike dinge gedoen. Hy het vuur uit die lug laat afkom na die aarde, en die mense het dit gesien.

14. God het gesê hierdie dier mag daardie wonderlike dinge doen. Die dier mag die wonderlike dinge doen in die plek van die dier wat uit die see gekom het. Die dier uit die aarde het die mense op die aarde bedrieg met daardie wonderlike dinge en hy het vir hulle gesê dat hulle ’n beeld moet maak vir die dier uit die see. Iemand het die dier uit die see met ’n swaard gesteek, en hy het ’n baie groot seerplek gehad, maar hy het gelewe.

15. God het gesê die dier uit die aarde mag die beeld van die dier uit die see laat lewe. Die beeld kon toe praat, en as mense nie die beeld wou aanbid nie, dan het die dier hulle laat doodmaak.

16. Die dier wat uit die aarde gekom het, het vir al die mense gesê hulle moet ’n merk op hulle regter-hand of ’n merk op hulle voorkop laat maak. Almal moes die merk kry, kinders en grootmense, ryk mense en arm mense, slawe en mense wat nie slawe is nie.

17. Die dier het die merk vir mense gegee sodat niemand iets kon koop of verkoop as hy nie die merk het nie. Die merk is die naam van die dier uit die see of die nommer wat ’n mens van sy naam kan maak.

18. ’n Mens moet baie goed dink hieroor. As iemand dit goed verstaan, dan moet hy dink wat beteken die nommer van die dier uit die see, want dit is ’n mens se nommer. Die nommer is 666.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 13