Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Maar jy moenie die oop stuk grond buite die tempel meet nie, los dit, want God het dit vir die ander volke gegee. Hulle sal alles in die gewyde stad 42 maande lank plat trap.”

3. En God het gesê: “Ek sal vir my twee getuies sê hulle moet rouklere dra en hulle moet 1 260 dae lank my boodskap bring.”

4. Die twee getuies is die twee olyfbome en twee lampe wat voor die Here van die aarde staan.

5. As ’n vyand die twee getuies wil seermaak, dan kom daar vuur uit hulle mond en die vuur verbrand die vyand. Ja, as ’n vyand die twee getuies wil doodmaak, dan moet die twee getuies die vyand só doodmaak.

6. God het ook gesê dat hulle mag sê dit moenie reën nie, en dan sal dit nie reën nie. Terwyl hulle God se boodskap bring, sal dit nie reën nie. God het ook gesê hulle mag water verander sodat dit bloed word en hulle mag die aarde op baie maniere laat swaarkry, so baie maal soos hulle wil.

7. Maar nadat die twee getuies God se boodskap gebring het, sal die dier kom wat in die onderwêreld woon, en hy sal oorlog maak teen die twee getuies. Hy sal hulle oorwin en hy sal hulle doodmaak.

8. En die lyke van die twee getuies sal in die straat van die Groot Stad lê. ’n Mens moet dit geestelik verstaan, daardie stad se naam is Sodom en Egipte. Dit is dieselfde stad waar die mense die twee getuies se Here ook gekruisig het.

9. Mense van al die volke en stamme en tale en lande sal na hulle lyke kyk, drie en ’n half dae lank. Die mense sal sê niemand mag hulle lyke begrawe nie.

10. En die mense wat op die aarde woon, sal bly wees omdat die twee getuies dood is. Hulle sal juig en hulle sal vir mekaar presente stuur, want die twee getuies was profete en hulle het die mense laat swaarkry.

11. Maar ná drie en ’n half dae het God sy asem in die twee getuies geblaas, en hulle het weer gelewe. Hulle het regop gestaan, en almal wat hulle gesien het, was baie bang.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11