Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:10-19 Bybel vir Almal (ABA)

10. En die mense wat op die aarde woon, sal bly wees omdat die twee getuies dood is. Hulle sal juig en hulle sal vir mekaar presente stuur, want die twee getuies was profete en hulle het die mense laat swaarkry.

11. Maar ná drie en ’n half dae het God sy asem in die twee getuies geblaas, en hulle het weer gelewe. Hulle het regop gestaan, en almal wat hulle gesien het, was baie bang.

12. Hulle het gehoor dat Iemand hard uit die hemel roep: “Julle moet opkom hiernatoe!”En die twee getuies het in ’n wolk opgegaan na die hemel, terwyl hulle vyande vir hulle gekyk het.

13. Op dieselfde tyd was daar ’n groot aardbewing, en dit het een tiende van die stad verwoes. Daar het 7 000 mense gesterf in die aardbewing. Die ander mense het baie bang geword en hulle het die God van die hemel geprys.

14. Die tweede swaarkry is verby! Die derde swaarkry sal gou kom!

15. Die sewende engel het sy trompet geblaas. Toe het die engele in die hemel hard geskree en gesê:“Die konings van die wêreldregeer nie meer nie!Ons Here en sy Christusregeer nou!Ons Here sal altyden altyd regeer!”

16. Die 24 ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het vir God aanbid.

17. Hulle het gesê:“Ons sê vir U dankie, Here God, Almagtige!U is altyd daaren U was altyd daar!U wys dat U baie sterk isen U regeer!

18. Die volke was kwaad,maar nou het U kwaad geword!Ja, dit is nou die tyd wanneer Udie mense moet oordeel,die mense wat gesterf het.Dit is nou die tyd wanneer Udie profete moet beloon,die profete wat vir U gedien het.Dit is nou die tyd wanneer Ualmal moet beloon,almal wat aan U behoort,almal wat vir U respekteer,grootmense en kinders.Dit is nou die tyd wanneer Udie mense moet doodmaakwat die aarde verwoes.”

19. En die deure van God se tempel in die hemel het oopgegaan, en ’n mens kon die verbondskis in die tempel sien. Toe was daar weerlig en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook ’n aardbewing en groot stukke hael het geval.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11