Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 1:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die Gees het op die dag van die Here in my gekom, en ek het gehoor Iemand praat hard agter my, so hard soos ’n trompet.

11. Hy het gesê: “Ek sal vir jou dinge wys, en jy moet al daardie dinge in ’n boek skryf. Dan moet jy die boek vir die sewe gemeentes stuur, vir die gemeentes in die stede Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”

12. Ek het omgedraai om te sien wie praat met my. Toe ek omdraai, sien ek sewe goue lampe.

13. Ek het gesien tussen die lampe is daar Iemand wat soos die Seun van die mens gelyk het. Hy het ’n lang bo-kleed gedra, en om sy bors was daar ’n goue belt.

14. Sy kop en sy hare was so wit soos wol, so wit soos sneeu. Sy oë was soos ’n vuurvlam.

15. Sy voete was soos blink koper wat in ’n oond gesmelt het. Sy stem was soos wanneer baie water raas.

16. In sy regter-hand het Hy sewe sterre vasgehou. Daar het ’n swaard uit sy mond gekom, die swaard was baie skerp. Sy gesig het geblink soos wanneer die son baie helder skyn.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 1