Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 1:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. In hierdie boek is die dinge geskryf wat gou moet gebeur. God het vir Jesus Christus gesê Hy moet hierdie dinge vir al sy dienaars sê en wys. Jesus Christus het sy engel na sy dienaar Johannes gestuur om hierdie dinge vir Johannes te sê en te wys.

2. Johannes het alles neergeskryf wat God en Jesus Christus vir hom gesê en gewys het.

3. In hierdie boek is die dinge geskryf wat later sal gebeur. Elkeen wat hierdie boek lees, is ’n gelukkige mens! En almal wat die dinge hoor en wat doen wat in hierdie boek geskryf is, is gelukkige mense! Want die tyd wanneer Christus weer kom, is naby!

4. Ek, Johannes, skryf hierdie brief vir die sewe gemeentes in Asië.Ek groet julle en ek bid dat God en die Sewe Geeste wat voor sy troon is en Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle sy vrede sal gee. God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom.

5. En Jesus Christus is die Getuie, Hy doen altyd wat Hy sê, Hy is die Eerste Een wat dood was en wat weer lewe, Hy regeer oor die konings van die aarde.Jesus Christus is lief vir ons. Hy het gesterf en Hy het ons gered van ons sonde.

6. Hy het gesê God, sy Vader, regeer oor ons, ons is soos die priesters wat vir God werk. Daarom sal ons altyd vir Jesus Christus prys, Hy wat oor alles regeer! Amen.

7. Kyk, Jesus Christus sal weerkom op die wolke,al die mense sal Hom sien,ook die mense wat Homgesteek het met ’n spies.Al die volke op die aarde sal huilen treur wanneer Hy kom.Dit is seker. Amen.

8. Die Here God sê: “Ek is die Alfa en die Omega.” Ja, God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom. Hy is die Almagtige!

Lees volledige hoofstuk Openbaring 1